ARTICLE
TITLE

Liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die winsgewendheid van goederespoordienste ondersteun

SUMMARY

Hierdie artikel bied ’n oorsig van liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die lewering van winsgewende goederespoordienste kan ondersteun. Aangesien spoorvervoer tot vaste roetes beperk is en ’n stasie-tot-stasie-diens eerder as ’n diens van perseel tot perseel lewer, is die plasing van spoorvervoereindpunte en die uitleg van die spoornetwerk van deurslaggewende belang vir die suksesvolle bedryf van goederespoorvervoerdienste. Liggingsaspekte van losmaat-, grootmaat-, opry-afry- en intermodale eindpunte word bespreek. Die artikel beskou die invloed wat die veranderde rol van spoorvervoer sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoer op die ligging van spoorvervoereindpunte het, aan die hand van die drie mees bepalende faktore daarvan. Hierdie faktore is: (1) die verkeer se oorsprong- en bestemmingsplekke, (2) die verkeersomvang en (3) die aard van die eindpuntaktiwiteite. Ten slotte word die uitwerking van die uitleg van die spoornetwerk op die toeganklikheid van spoorvervoereindpunte oorsigtelik bespreek.

 Articles related

Michael Ignatius Ferreira, Marieta van der Rijst    

Onkruide is een van die grootste produksie-knelpunte in gewasverbouing en kan oesopbrengs op grond van spesiesamestelling en digtheid beïnvloed. ’n Veldproef is van stapel gestuur om die samestelling van die onkruidspektrum te beoordeel en omgewings... see more


Renier Koen, Izak J Van der Walt, Arnold A Jansen, Philippus L Crouse    

Die fluoorradikale wat in ’n nie-termiese CF4-radiofrekwensieplasma (glimontladingsplasma) opgewek word, reageer geredelik met silikoonkarbied (SiC) met die vorming van vlugtige SiF4 en CF4. In ’n spuitbedopstelling wat hier gebruik word, bewer... see more


Jan H van Vuuren    

’n Deelversameling X ? V van die puntversameling V van ’n grafiek G = (V,E) is ’n onafhanklike versameling in G indien geen twee punte van X naasliggend is in G nie. Die kardinaalgetal van ’n grootste onafhanklike versameling in G word die onaf... see more


Wilhelmina J van der Linde, Lodewyk J Mienie, Jacobus J Bergh, Mietha M van der Walt, Gisella Terre'Blanche    

Fenielbottersuur (PBA) word as ’n behandeling vir ureum sikliese defekte gebruik, as alternatiewe behandeling vir adrenoleukodistrofi e en dit besit ook ’n neurobeskermende effek teen oksidatiewe stres. Bekende metaboliete van fenielbottersuur ... see more


Vanessa O?Neill, Charlene Andraos, Tamsyn Jeffery, G. Koorsen, Liza Bornman    

Epigenetika is die studie van oorerflike veranderinge in geenuitdrukking wat nie verandering in DNS basisvolgorde betrek nie en wat deur seldeling oorgedra word.