ARTICLE
TITLE

Die effek van veelvuldige lynverwydering op die onafhanklikheidsgetal van ’n asikliese grafiek

SUMMARY

’n Deelversameling X ? V van die puntversameling V van ’n grafiek G = (V,E) is ’n onafhanklike versameling in G indien geen twee punte van X naasliggend is in G nie. Die kardinaalgetal van ’n grootste onafhanklike versameling in G word die onafhanklikheidsgetal van G genoem en deur a(G) aangedui. ’n Nie-leë grafiek G is p-stabiel as p die grootste getal arbitrêre lyne is wat uit G verwyder kan word sonder dat die onafhanklikheidsgetal van die gevolglike grafiek verander, en q-krities as q die kleinste getal arbitrêre lyne is wat uit G verwyder kan word om die onafhanklikheidsgetal van die gevolglike grafiek noodwendig te verander. Die klasse van p-stabiele en q-kritiese woude (asikliese grafieke) met n punte word in hierdie artikel vir alle toelaatbare waardes van p, q en n volledig gekarakteriseer.

 Articles related

Michael Ignatius Ferreira, Marieta van der Rijst    

Onkruide is een van die grootste produksie-knelpunte in gewasverbouing en kan oesopbrengs op grond van spesiesamestelling en digtheid beïnvloed. ’n Veldproef is van stapel gestuur om die samestelling van die onkruidspektrum te beoordeel en omgewings... see more


Renier Koen, Izak J Van der Walt, Arnold A Jansen, Philippus L Crouse    

Die fluoorradikale wat in ’n nie-termiese CF4-radiofrekwensieplasma (glimontladingsplasma) opgewek word, reageer geredelik met silikoonkarbied (SiC) met die vorming van vlugtige SiF4 en CF4. In ’n spuitbedopstelling wat hier gebruik word, bewer... see more


Wilhelmina J van der Linde, Lodewyk J Mienie, Jacobus J Bergh, Mietha M van der Walt, Gisella Terre'Blanche    

Fenielbottersuur (PBA) word as ’n behandeling vir ureum sikliese defekte gebruik, as alternatiewe behandeling vir adrenoleukodistrofi e en dit besit ook ’n neurobeskermende effek teen oksidatiewe stres. Bekende metaboliete van fenielbottersuur ... see more


Vanessa O?Neill, Charlene Andraos, Tamsyn Jeffery, G. Koorsen, Liza Bornman    

Epigenetika is die studie van oorerflike veranderinge in geenuitdrukking wat nie verandering in DNS basisvolgorde betrek nie en wat deur seldeling oorgedra word.


J.L. Zaayman, L. du Preez, Johnie van den Berg    

Geneties gemodifiseerde mielies word wyd in Suid-Afrika geplant en druk die Bt-toksienCry1Ab (Bt-mielies) uit. Oesreste van Bt-mielies eindig dikwels in akwatiese ekostelsels op waar akwatiese organismes aan die Cry1Ab toksien blootgestel w... see more