Home  /  Scientia Militaria  /  Vol: 28 Núm: 2 Par: 0 (1998)  /  Article
ARTICLE
TITLE

SO BET BULLE GESTERF: GEDENKBOEK VAN TEREGSTELLINGS VAN KAAPSE REBELLE EN REPUBLIKEINSE BURGERS TYDENS DIE ANGLOBOEREOORLOG 1899-1902

SUMMARY

Soos die subtitel aandui, is hierdie publikasie 'n gedenkboek van Kaapse rebelle en Republikeinse burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 deur die Britse militere owerhede tereggestel is. Dit is gebaseer op G. Jordaan se alombekende boek Hoe Zij Stierven: Mededeelingen aangaande het einde dergenen. aan wien gedurende den laatsten oorlog. in de Kaap-Kolonie. het doodvonnis voltrokken is wat in 1904 deur De Stem-Drukkerij, Burgersdorp uitgegee is. (HAUM het laasgenoemde werk in 1944 uit Nederlands na Afrikaans vertaal en onder die titel So het hulle gesterf gepubliseer.) Jordaan se werk is volgens die skrywers "steeds een van die betroubaarste verwysingsbronne" oor hierdie teregsteIlings, aangesien dit slegstwee jaar mi die oorlog geskryf is, "toe die gebeure nog vars in die geheue van familie en naasbestaandes was" (p. 11). Dit bestaan uit 'n versameling briewe en verteIlings wat Jordaan gepubliseer'het net soos hy dit van die familie en naasbestaandes van die tereggesteldes ontvang het, maar is nie 'n voIledige rekord van aIle teregsteIlings nie. Jooste en Oosthuizen het dus naas Jordaan se werk ook 'n wye verskeidenheid publikasies wat die afgelope eeu oor die Kaapse rebeIle verskyn het, geraadpleeg. Daarby het hulle taIle argiefstukke, foto's en geskrifte in argiefbewaarplekke, museums, biblioteke en privaat besit, asook vele inskripsies op monumente en grafstene tydens hul navorsing vir die boek ontgin. Die inhoud van die boek is in twee dele verdeel. Deel I handel oor teregstellings in Kaapland en Deel II oor teregstellings in die Boererepublieke. Die publikasie sluit 'n kaart van Suid-Afrika in, waarop aangedui word waar al die teregsteIlings plaasgevind het. Die werk word met talle foto's en sketse toegelig en deur bronverwysings ondersteun.

 Articles related

A. Van der Westhuizen    

Hierdie publikasie verskyn op 'n stadium wat die kommando-stelsel weereens onder die soeklig is. In hierdie verband word daar verwys na die onlangse uitspraak van die ANC se parlementêre koukus, waarin die organisasie ten gunste is van die afskaffing van... see more


C.J. Jacobs    

DEEL II: TWEEDE SLAG VAN EL ALAMEIN, 23 OKTOBER - 5 NOVEMBER 1942. Teen die einde van Julie 1942 het 'n tydelike skaakmatsituasie in die oorlog in Noord-Afrika ontstaan. Genl. C.J.E. Auchinleck, gesamentlik in bevel van die Britse magte in die Midde Oost... see more


L.J. Louwrens    

In hierdie artikel gee Prof L.J. Louwrens, verbonde aan die Departement van Afrikatale aan die universiteit van Suid-Afrika, 'n oorsig van die bydraes wat die Portugese tot Bantoe-Iinguïstiek gemaak het. Die betrokke periode strek oor 'n tydperk van onge... see more


F.A. Van Jaarsveld    

Gedurende die jare 1882-1883 was Noordoos- Transvaal die toneel van 'n bloedige oorlog tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Ndzundza- Ndebele, beter bekend as die Mapochstam of die Mapoggers. Die Ndzunda-Ndebele, vandag die bew... see more


P. Loedolff    

Die eerste tekens en ontstaan van 'n onderrigfilm Toneelfilms was die eerste films wat vir onderrigdoeleindes gebruik is Wanneer daar van onderrigfilms gepraat is, is die term in 'n wye konteks gebruik en dit het nie noodwendig be... see more