Home  /  Scientia Militaria  /  Vol: 12 Núm: 3 Par: 0 (1982)  /  Article
ARTICLE
TITLE

'Ragtime Soldiers: The Rhodesian experience in the First World War'

SUMMARY

Hierdie werk, wat deur 'n jong akademikus geskryf is, sal aan die verwagtings van hulle teleurstel wat 'n wetenskaplik-verantwoorde militêre- historiese publikasie verwag. Dit was nie die doel wat die outeur beoog het nie. Hy wou, omdat hy getref was deur die mate van onbekendheid in sy land aangaande die deelname van Rhodesië aan die Eerste Wêreldoorlog, daardie leemte op 'n populêre wyse aanvul. Sover afgelei kan word het hy beskikbare argiewe en die dagbladpers van die jare 1914- 1918 met vrug geraadpleeg en verwerk. Waarin hy veral geslaag het, is sy lewendige verhaaltrant wat die leser in sy verbeelding terugvoer na gebeurtenisse wat vandag grotendeels vergeet is, na persoonlike ervarings van deelnemers aan die uitputtingsoorlog in die destydse bosoorlog in Oos-Afrika en die worstelinge in die loopgrawe aan die wesfront in Europa. Dit is 'n boek vol atmosfeer en wisselende stemmingsbeelde, politiek en militer aan die tuisfront, militer aan die onderskeie fronte waar Rhodesiers geveg het.

 Articles related

H.J. Botha,Jan Ploeger    

Die Republiek van Suid-Afrika is die geestelike, kulturele, ekonomiese, en militêre verlengstuk van die Weste aan die suidpunt van Afrika. As gevolg van sy ligging vorm dit nie alleen 'n waardevolle skakel tussen die Weste en die Ooste ... see more


Sophia Du Preez    

In die Nasionale Kultuurhistoriese- en Opelugmuseum, Pretoria is 'n kunswerk uitgestal wat onmiddellik die aandag van die besoeker trek. Dit is 'n huldeblyk van die Russiese volk aan die Boere in Suid-Afrika wat gedurende die Tweede Ang... see more


Jan Ploeger    

Die gebou voer ons terug na die sewentiende eeu, die eeu waarin - ook op militêre gebied - die hegte grondslae gele is waarop ons tot vandag toe voortbou.Maar daar is, oor die lengte en breedte van ons land versprei, ook ander eertydse ... see more


Jan Ploeger    

Sedert 1940, en na 1959 as Staatshistorikus, is dr J. H. Breytenbach bedrywig om die Tweede Vryheidsoorlog na te vors en sy bevindings geleidelik te boek te stel. Sy navorsing is gebaseer op aile beskikbare bronne, waaronder 'n groot aa... see more


C. Loedoff    

Daar is verskeie faktore wat leersukses bevorder. Hierdie faktore sluit in die kognitiewe faktore, dit wil sê faktore wat 'n rol speel in die aanleer van kennis, affektiewe faktore, dit wil sê faktore wat te doen het met gesindhede en w... see more