ARTICLE
TITLE

Funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle vervoer van goedere per spoor ondersteun

SUMMARY

Hierdie artikel bied ’n oorsig van die funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle lewering van goederespoordienste kan ondersteun. Ten aanvang word die primêre en sekondêre funksies van goederevervoereindpunte in die algemeen bespreek, waarna spoorvervoereindpunte in die besonder bespreek word. Spoorvervoereindpunte bestaan uit verskeie werftipes wat elkeen ingerig is om sekere funksies te verrig of werksaamhede te hanteer. Die primêre en sekondêre funksies van al die werftipes word vermeld. Daarna word die funksies bespreek van die vier breë klasse goederespoorvervoereindpunte wat vandag aangetref word, naamlik (1) losmaat-, (2) grootmaat-, (3) opry-afry- en (4) intermodale eindpunte. Grootmaateindpunte word verder verdeel in ertseindpunte, eindpunte by die tenkwerwe van olieraffinaderye en chemiese aanlegte, en eindpunte by graansuiers. Die soorte treine, spoortrokke en hanteringstoerusting wat by elke eindpuntklas aangewend word en die goederesoorte wat by elkeen hanteer word, word vermeld.

 Articles related

Raugme Brink, K Mallick    

Neuromolekules (NM) is chemiese boodskappers betrokke by talle funksies in die fi siologiese sisteem. Hierdie neurotransmissie-eenhede en hul boustene is noodsaaklik vir die werking van die sentrale senuweestelsel (Szymanska, Kusmierska & Demkow 201... see more


Adebayo A Adeniyi, Jeanet Conradie    

Die reduksie van tris(ß-diketonato)mangaan(III) ([Mn(ß-diketonato)3]) verbindings na tris(ß-diketonato)mangaan(II), asook die oksidasie daarvan tot tris(ß-diketonato) mangaan(IV), is ondersoek met behulp van DFT-metodes. Die akkuraatheid van die voo... see more


S.M. Meiring, C.E. Roets, P.N. Badenhorst    

Die tegniek van faagblootlegging is gebruik om ’n sikliese heptapeptied te selekteer wat met weefselfaktor(WF) kompeteer vir binding aan stollingsfaktor VIIa. Die aminosuurvolgorde van die peptied is Cys-Ala- Trp-Pro-His-Thr-Pro-Asp-Cys (C-AWPHTPD... see more


Alfred Muller    

‘n Ondersoek na die effek van gemengde feniel-sikloheksiel gesubstitueerde ariel tersiêre fosfiene op die vastetoestandwanorde van die Cl–Rh–CO-groep in Vaska-tipe komplekse trans-[M(CO)Cl(PPhnCy3-n)2], waar M = Rh(I) of Ir(I), Ph = C6H5, Cy = C6H11... see more