SUMMARY
AbstractJacobus Albertus van Rooy is op 25 Julie 1932 te Ventersburg gebore as die seun van ds. en mev. Jacs van Rooy. Sy moeder is oorlede toe hy nog ’n jong seun was. Hy het skoolgegaan op Brits en Pietersburg en later aan die PU vir CHO sy tersiêre opleiding ondergaan, terwyl hy hom voorberei het om predikant te word.