ARTICLE
TITLE

Onsekerheid oor sekerheid

SUMMARY

AbstractDie mens het hom in grenselose vryheidssin van alles wat vroeër heilig was geëmansipeer. Die kinderlike, eenvoudige geloof het verdwyn. Twyfelsug is die sielsiekte van ons eeu en bring ’n reeks van ellendes mee. In breë kringe word op die sigbare dinge gekonsentreer, ’n vergoddeliking van die stof, mammondiens, verheerliking van die mag. Hele families en geslagte, hele stande van die maatskappy het alle gesag ontgroei en met die geloof gebreek. Selfs onder die sogenaamde gelowiges is daar baie rumoer en beweging, maar min werklike geesdrif, min waaragtige besieling, min opregte, vurige, ongeveinsde geloof. Allerweë word die vraag na die gronde van die geloof, die sekerheid van ons saligheid, die vastigheid van ons hoop op die ewige lewe gevra.

 Articles related