ARTICLE
TITLE

Goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word

SUMMARY

Sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoerbedrywighede in nywerheidslande oor die wêreld heen en die vrymaking van internasionale handelspraktyke het dit nodig geword om ’n praktiese kennis van die tipe g oederevervoertegnologie te hê wat kan help om die doelmatige en doeltreffende deelname in internasionale handel te ondersteun. In dié oorsigartikel word verslag gedoen oor die vernaamste bedryfs- en tegnologiese eienskappe van die goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word. Die fokus is in besonder op daardie aspekte wat die bedryf van internasionale goederevervoer onderskei van dié van plaaslike goederevervoer. Al vyf goederevervoermodusse word bespreek, te wete lug-, pad-, spoor-, pypleiding- en skeepsvervoer. Voortspruitend uit die navorsing word aanbevelings gemaak om die doelmatigheid en doeltreffendheid van goederevervoer tussen Suid-Afrika en ander lande te help verbeter.

 Articles related

Michael Ignatius Ferreira, Marieta van der Rijst    

Onkruide is een van die grootste produksie-knelpunte in gewasverbouing en kan oesopbrengs op grond van spesiesamestelling en digtheid beïnvloed. ’n Veldproef is van stapel gestuur om die samestelling van die onkruidspektrum te beoordeel en omgewings... see more


Renier Koen, Izak J Van der Walt, Arnold A Jansen, Philippus L Crouse    

Die fluoorradikale wat in ’n nie-termiese CF4-radiofrekwensieplasma (glimontladingsplasma) opgewek word, reageer geredelik met silikoonkarbied (SiC) met die vorming van vlugtige SiF4 en CF4. In ’n spuitbedopstelling wat hier gebruik word, bewer... see more


Jan H van Vuuren    

’n Deelversameling X ? V van die puntversameling V van ’n grafiek G = (V,E) is ’n onafhanklike versameling in G indien geen twee punte van X naasliggend is in G nie. Die kardinaalgetal van ’n grootste onafhanklike versameling in G word die onaf... see more


Wilhelmina J van der Linde, Lodewyk J Mienie, Jacobus J Bergh, Mietha M van der Walt, Gisella Terre'Blanche    

Fenielbottersuur (PBA) word as ’n behandeling vir ureum sikliese defekte gebruik, as alternatiewe behandeling vir adrenoleukodistrofi e en dit besit ook ’n neurobeskermende effek teen oksidatiewe stres. Bekende metaboliete van fenielbottersuur ... see more


Vanessa O?Neill, Charlene Andraos, Tamsyn Jeffery, G. Koorsen, Liza Bornman    

Epigenetika is die studie van oorerflike veranderinge in geenuitdrukking wat nie verandering in DNS basisvolgorde betrek nie en wat deur seldeling oorgedra word.